(F/G)
1. Toe ek, 'n arme sondaar, my tot die Heer bekeer,
en in die Naam van Jesus, my saligheid begeer;
het Hy na my geluister, my hulp en krag gegee,
want Jesus neem my laste en laat my met 'n lied!
Koor
Ja, Jesus neem my laste, hul was vir my te swaar,
ja, Jesus neem my laste, my skuld het Hy gedra;
my angs en vrees verdwyn daar, 'n wonder het geskied,
want Jesus neem my laste en laat my met 'n lied!
2. My toekoms is verseker, my Leidsman ken die weg,
in liefde en erbarming lei Hy my altyd reg;
en ewig in die hemel, verkondig ek die lied,
want Jesus neem my laste en laat my met 'n lied!
3. Hy red my uit genade en maak my o, so bly,
die soete rus en vrede kan ek van Hom verkry;
Hy bou vir my 'n woning ver weg van my verdriet,
want Jesus neem my laste en laat my met 'n lied!