(G)
1. Ek is U s'n, Heer, het u stem gehoor; van u liefde meld dit my;
maar ek strewe steeds deur geloof omhoog, en al digter aan u sy.
Koor
Trek my nader, nader, nader, dierb're Heer, deur u kruisdood, ook vir my;
trek my nader, nader, nader, dierb're Heer, na u eens deurboorde sy!
2. Sonder my nou af tot u diens, o Heer, deur die krag van u gena;
as my wil aan U oorgegewe word, slaan my siel U hoopvol ga'!
3. O die reine vreugd' van 'n enkel' uur voor u troon, o troue Heer!
As ek kniel en U in gebed ontmoet, en as vriend met vriend verkeer.
4. Daar is liefd' te diep, om dit ooit te peil, tot ek land aan gindse kus;
daar is vreugd', so hoog dat ek dit nie vat, tot ek ewig by U rus.