(A)
1. Wat was die Heer vir ons trou en goed, was ons sy lofsang werd!
Hy wat weer 'n jaar vir ons het behoed, van rampe en van dood gespaar!
Koor
Ons bid U dan, o hemelse Heer, }2x bewaar ons in die jaar dan weer!
2. Geen ding ontbreek ons in die jaar, ons het geen sorg, nog nood,
maar op sy tyd was alles daar,
die drank en ook die daeliks' brood!
Koor
Ons bid U dan, o hemelse Heer, voed ons in die jaar dan weer! }2x
3. Hoe menig een word in die jaar van onse sy geruk,
maar eenmaal word ons almal saam as blommetjies afgepluk!
Koor
Ons bid U dan, o hemelse Heer, plant ons in die hemel weer! }2x