(D)
1. Blye versek'ring, Jesus is myn',
o wat 'n vreugde, heerlik en rein! Wedergebore, rein deur sy bloed, smaak ek sy vrede in my gemoed.
Koor
Dit is my roemtaal, dit is my lied,
lof aan my Heiland ewig te bied! }2x
2. Ligissylasensagissyjuk, Hy gee vermoeides ware geluk. Selfs as ek struikel en het berou, sal Hy vergewe, Hy bly getrou.
3. Volle berusting, hoe swaar my lot, heil'ge verrukking, blye genot;
eng'le wat herwaarts boodskappe dra, tydings van liefde^en vrye gena.
4. Volle versek'ring, vrede en rus, heerlik van Jesus liefde bewus;
met my geloofsoog opwaarts gehou, rus ek in Jesus liefde en trou.