(Bb/C)

1. O sondaar, waar gaan u ewig woon, waar is u reis heen, waar kom u aan, is iemand daar wat u gaan ontvang?

Koor
Sal by die hemelpoort een op u wag? Ja, wagtend, sal iemand op u wag? As u verhuis, waar gaan u woon?

2. Hoe lank nog wag u, verlore siel? Moontlik is vandag u laaste dag;
so onverwags kom die dood u haal.

3. Hoe wreed sterf Hy vir u aan die kruis, Hy gee daar sy lewensbloed vir ons; dit was vir my en dit was vir jou.

4. Vermoeide siel, kom nou na die Heer, sondaar kom, Hy het gesterf vir jou, sy sterwe was om ons elk te red.