(D/E)
1. Daar's 'n heilige stad, o, so pragtig! God self is die bouer daarvan; Johannes het dit gesien neerdaal
op Patmos, waar hy was verban.
Sy magtige mure^is van jaspis, van goud is die Godstad gebou, en as my ou tentjie ineenstort, dan sal ek sy glorie aanskou!
Koor
In daardie goudstad, pêrelblink goudstad, het ek 'n woning, 'n harp en 'n kroon! Nou is ek wakend, wagtend, verlangend
na daardie goudstad, wat kom as my loon!
2. Geen sonde kom ooit in die stad nie, en niks wat onrein is of vuil;
geen pyn of geen siekte kan intree, geen lanfer of stemme wat huil.
Die aarde se smart is vergeet daar, beproewing en stryd het gewyk; geen droewige tyding kom ooit daar, verdrukking en leed is verby!
3. My bemindes versamel alreeds daar, daar's vriende wat reeds op my wag; en spoedig sal ek daar getel word, tesaam in die heerlike dag.
In heerlikheid woon hul met Jesus, beproewing en stryd het gewyk,
en as my ou tentjie ineenstort,
dan sal ek sy glorie aanskou!