(C/D)

1. Daar bo in die hemel het Jesus berei, 'n huisie van silwer, ivoor en goud;
'n tydjie sal ek hier verdrukking moet ly, maar dit is my ewig behoud.

Koor
'n Huisie het ek daar waar ek my skat vergaar, paleise, groot en vry, wag daar vir jou en my; o daarbo in die hemel het Jesus berei,
'n huisie van silwer en goud.

2. Sy poorte van pêrels en strate van goud,
'n skoonheid wat mens hier nie kan bedink, 'n heerlikheid wag daar vir die wat volhard, vir ewig bevry van hul smart.

3. Ek stuur al my skatte, so stil toegewy, na bo waar die engele altyd sing;
my hart is ook daar waar my Jesus nou is, Hy kom ja, Hy kom weer gewis!