(D/F)

1. Ken jy die storie van iemand soos jy,
'n seuntjie wat Jesus wou seën;
toe Jesus hom vra om sy padkos te deel, sê hy: "Ja, dit is maar nie veel."

Koor
Net 'n kleine bietjie, net 'n kleine bietjie, net 'n kleine bietjie is meer as genoeg; net 'n handjie vol maak baie magies vol, net 'n kleine bietjie is meer as genoeg.

2. Hy tel sy broodjies, dis mooitjies net vyf, die vissies, dié is maar net twee;
die nood van die skare het Jesus geraak, die padkos was reg vir die saak.

3. Dit maak nie saak wat jy het om te gee, maar hoe jy dit vir Jesus gee;
gee als wat jy het in die Meester se hand en kyk hoe word alles nou meer.