(C/Bb/A)

1. Daar's 'n dierbare kruis, waar my Heiland bewys
die liefde wat Hy vir my het;
daar is alles voldaan en die vyand verslaan,
daar word ek van sonde gered.

Koor
By die kruis, by die kruis wil ek bly,
tot die stryd hier benee is volstry;
tot ek eens in die hemel sal woon,
daar verwissel die kruis met 'n kroon.


2. O die dierbare kruis, waar die uiterste prys
deur kosbare bloed is betaal;
daar is smarte gely en versoening verkry,
waar Jesus oorwinning behaal.

3. By die dierbare kruis sal ons loflied verrys,
tot eenmaal daar bo om die troon;
want eens is ons tuis in die Vader se huis,
dan wissel ons kruis met 'n kroon.