(A/G)
1. Daar's 'n ruwe ou kruis
op 'n heuweltop,
waar my Heiland vir my swaar moes ly;
net die maan en die sterre
hou nog daar die wag,
waar my Heiland vir my swaar moes ly.
Koor
Langs die kruis lei die weg na die hemel,
eendag sal jy ook daar moet verby;
na die kruis wag 'n kroon en 'n ewige huis,
waar my Heiland regeer op sy troon.
2. Langs die kruis staan 'n moeder
en sy ween oor haar Kind,
want Hy sterf daar vir jou en vir my;
dis Gods Seun en Hy wink,
wees Hom tog nou goedgesind;
Hy't die graf en dood oorwin en dis volbring!
3. Na die Golgota's kruis
wag 'n ewige huis,
waar die doodsvyand eens is oorwin;
ja, daar lui die goue klokke
aan die salige kus
en die Heiland word vereer en word bemin.