(C)
1. Daar loop 'n grote sneltrein gedurig deur ons land, sy naam is Wondersalig, gebou deur God se hand. Die Man wat dryf is Jesus, voorspoedig ry die trein en ons gaan hemelhuis toe op die goeie Bybellyn.
Koor
Die goeie Bybellyn, die goeie Bybellyn,
het jy daarvoor 'n kaartjie, op die goeie Bybellyn? Hy laat nie afklim toe nie, hy ry op tyd so vry,
en ons gaan hemelhuis toe op die goeie Bybellyn.
2. Hy stop by Kruishoutstasie en laai op, elkeen daar, by Evangeliestasie word kaartjies nagegaan.
Hy reis dan voort na Glorie, voorspoedig ry die trein, want ons gaan hemelhuis toe op die goeie Bybellyn.
3. Sy spoor is die belofte en liefde is sy lig,
sy tydkaart is die Bybel, lees dit en wees gereed. Sy klokke kondig glorie, daar eindig hierdie lyn en klim ek daar vol blydskap uit die goeie Bybeltrein.