(D)
1. As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy pêrels,
al sy pêrels, fraaie pêrels
vir Jesus se kroon.
Koor
Ja, die kindergesiggies, soos die sterre se liggies, is die hemel se pêrels
vir Jesus se kroon.
2. Vir die hemel, vir die hemel, sal Hy hul versamel,
al die skones, al die reines vir Jesus se kroon.
3. Al die kinders, al die kinders, vol liefde vir Jesus,
is die pêrels, kosb're pêrels vir Jesus se kroon.