(D/E)

1. Die Skepper sien 'n kruik,
gebroke deur die wind en die weer,
Hy poog met soveel teerheid
om dit weer oor te formeer.
O ek was daardie kruik, gebroke en verslae,
roep: "Heer, U's die Skepper en ek is die klei,
vorm my tog weer oor vandag!"

Koor
En Heer, tel op die skerwe
van my gebroke hart, eens weer;
maak my 'n nuwe skepsel
en herstel my siel, o Heer.


2. Gebroke vriend is jy
beskadig, deur die lewe verwar,
soek jy steeds na die antwoord
vir al jou kommer en smart;
kyk net op na die Heer, Hy sal jou styf vashou;
roep: "Heer, U's die Skepper en ek is die klei,
vorm my tog weer oor vandag!"

3. 'n Nuwe kruik is 'k nou,
hervorm deur die Heer se gena,
Hy vul my met sy liefde
om dit na ander te dra;
ek wil ewig daar leef, dis al wat ek begeer.
"O Heer, U's die Skepper en ek is die klei,
U het my herskep vandag!"