(G/F)
1. Is daar 'n hart wat is wagtend,
wag op vergifnis so vry?
Hoor dan die heerlike boodskap,
Jesus gaan nou hier verby.
Koor
Jesus gaan nou hier verby, verby, verby,
Jesus gaan nou hier verby,
ja, Jesus gaan nou hier verby!
2. Kom Hy genadig met liefde,
gaan dan vrymoedig tot Hom!
Vrede en vryheid bring Hy jou,
open jou hart vir sy stem.
3. Luister, Gods Gees roep jou ernstig,
Jesus sal alles vergeef!
Waarom nie daadlik Hom aanneem,
neem Gods genade en leef.
4. Teer en vol liefde is Jesus,
naby staan Hy aan jou sy;
open jou hart vir sy roepstem,
Jesus gaan nou hier verby.