(G)
1. Is jy daar waar jy altyd bly in Jesus,
is jy in die ware Wynstok ingeënt,
het jy vrede wat Satan nie kan steur nie,
is Gods Gees as Vriend en Leidsman jou bekend?
Koor
Is jy daar waar jy altyd bly in Jesus,
is jy in die ware Wynstok ingeënt?
Daar is rus van elke sorg
in aanbidding by jou Borg,
daar's oorwinning vir jou, ja, tot op die end!
2. Het jy ook die geloof wat nie meer wankel,
as die lewe jou met duisend sorge kwel,
het jy ook die genade tot oorwinning,
as die bose met versoekings jou oorval?
3. Min jy Jesus van harte elke oomblik,
is jy dood vir al die wêrelds-ydelheid?
As jy in daardie skuilplek bly met Jesus,
sal jy sien daar is oorwinning al die tyd.
4. Daar's 'n stil en geheime rus in Jesus,
waar die aardsrumoer jou nimmer kan verstoor,
waar die siel in vertroue rus, so veilig,
vol van vrede, deur geen wêreldsgoed bekoor.
5. Daar is rus in sy volheid van belofte,
daar hou Hy ons in die holte van sy hand,
en deur storms wat ons hier oorval in woede,
lei Hy ons so veilig na die hemelland.