(G/F)

1. Neem die wêreld, gee my Jesus,
wêreldsvreugd' gaan gou verby,
maar die liefde van my Heiland
bly vir ewig ryk en vry.

Koor
O die hoogte, lengte, diepte
van sy liefde sonder peil.
O die volheid van verlossing,
onderpand van d' ewig' heil.


2. Neem die wêreld, gee my Jesus,
want sy troos is salig, soet,
Hy bewaak my, gee my vrede,
juig dan nou, want Hy is goed.

3. Neem die wêreld, gee my Jesus,
laat sy glimlag my verbly,
dan gaan ek my pelgrimsreis deur,
met sy lig om my te lei.

4. Neem die wêreld, gee my Jesus,
op sy kruis sal ek vertrou,
tot ek eens so duid'lik, helder,
Hom gedurig sal aanskou.