(F)
1. Wyk, o donker wêrelddal, wyk nou,
vir my is Christus al!
Dit is Jesus wat ek so bemin,
in wie ek liefde vind.
Wyk, o donker wêrelddal, wyk nou,
wyk nou geheel en al.
Dit is dierb're Jesus wat ek so bemin,
Hy's die Een wat ek bemin.
2. Wêreld, wat is tog nou jou waarde?
Vir my bied jy hier niks
wat met Jesus Christus vergelyk;
daar's niks wat ek kan vind.
Wyk, o donker wêrelddal, wyk nou,
wyk nou geheel en al.
Dit is dierb're Jesus wat ek so bemin,
in Hom vind ek nou my al.
3. Wêreld, waarom lok jy my nou aan?
Ek sien vir Jesus staan,
Hy lei my voort op die noue baan,
ek's veilig naby Hom.
Kom daar ruwe storms op die weg,
sal Hy my daardeur lei.
Daar is niks op aard' wat jy vir my kan bied,
dis net Jesus wat ek sien.