(D)

1. Ek is 'n reisiger
hier in 'n vreemde land,
my huis is ver van hier,
daar op die goue strand.
Ek verteenwoordig hier
'n ryk ver oor die see,
ek werk hier net vir my Koning.

Koor
Dit is die boodskap wat ek bring,
die eng'le sou dit graag wou sing.
"Neem die versoening aan,"
so sê my Koning, Heer.
O kom en word versoen met God!


2. Ek kom vertel van Een,
Hy lê sy lewe af,
Hy bring ons vrede aan
en eindig sondestraf.
Dit is my boodskap weer,
dat God jou hart begeer,
dit is my werk vir my Koning.

3. Die Koning het beveel
dat almal hul bekeer,
die sonde moet verlaat
en vrees vir wêreld-eer.
Elkeen wat waarlik stry,
sal dan die kroon ook kry,
dit is die werk vir my Koning.

4. Kan iemand so 'n groot
genade ooit verag?
Kyk op sy aangesig
hoe liefde jou verwag.
Hy wil jou hart ook wen,
Hy pleit hier met my stem,
dit is die werk vir my Koning.

5. My huis oortref voorwaar
die dal van Saron skoon,
daar is 'n eewge rus
waar liefd' en vrede woon.
My Koning het laat weet,
kom, daar is plek gereed,
dit is my werk vir my Koning.