(F)

1. Iemand sal klop aan die heerlike poort,
iemand sal roep as daar niemand meer hoor;
iemand sal bid, maar o, wat sal dit baat?
Te laat, te laat, jy's te laat!

Koor
Kom tog, tyd gaan verby,
o my broeder, sê nou dis jy?
Haas jou, die tyd gaan verby,
gaan nou voort, gaan in by die heerlike poort.


2. Iemand sal staan voor die groot oordeelstroon,
daar word geheime van sonde getoon;
sondige woorde, gedagtes word daar
dié dag, gewis openbaar.

3. Droewig om daar onbereid heen te gaan,
sonder genade voor God te gaan staan;
dan sal jy hoor wat die Heiland besleg:
"Gaan weg, vervloektes, gaan weg!"