(G)

1. Roem met gloed van vrome sange daad en deug van voorgeslag:
hul het trou in blye^en bange
ure op u heil gewag,
en in wilde skrikgeweste
was U hul 'n sterke veste, het u lig in nood en pyn, God van Jakob, hul oorskyn.

2. Ja, hul vroom gebed, o Here, het gereik tot aan u oor,
hul gelofte^u Naam ter ere, God van heil, het U gehoor: "Help u arm ons nou, Gedugte, nou in stryd en stormgerugte, U sy hierdie dag gewy,
deur geslagte U gewy!"

3. Halfmaan van geweldenare
buig die horings om en om, skrikkelike moordbarbare
tot verdelging aangedrom!
Wie sal red uit diepste^ellende? Wie die vloed van onheil wende? Wie kan nou die kleine skaar teen verdelging nog bewaar?

4. Maar Gods regterhand genadig was oor hulle uitgebrei,
ja, sy regterhand kragdadig
het hul uit die dood bevry. Nooit was dankgebede egter, nooit was lofgesang opregter: God almagtig, God die Heer, was hul skild en troue weer!

5. In die woeste wildernisse was U troosryk aan hul sy, deur die naarste duisternisse het U veilig voortgelei,
en u dade,^o wonderbare, sterke God van leërskare, dra getrou die nageslag mee as erfskat dag ná dag.