(G)

1. Saai blomme, en blomme sal opkom,
net oral waar jy dit maar saai;
saai onkruid, en onkruid sal opkom,
net al wat jy saai, sal jy maai!

Koor
Net al wat jy saai, sal jy maai, (2x)
so seker sal jy dit moet af-oes,
net al wat jy saai, sal jy maai!


2. Saai liefde, en liefde sal opwas,
dit sal jou hart altyd laat gloei;
saai hoop, want dit maak jou geloof vas,
net al wat jy saai, sal daar groei!

3. Saai seën en seën sal ryp word,
saai haat en niks anders sal bloei;
genade sal medely voortbring,
net al wat jy saai, sal daar groei!

4. Preek "Jesus!" Vertel van sy volheid,
laat almal van saligheid weet;
dan sal jy vir ewig die soetheid,
die vrug van jou arbeid geniet!

5. Saai in die geloof vir jou Meester,
vertrou Hom, Hy sal dit laat groei;
die siele sal jy eendag sien daar,
net al wat jy saai, sal daar groei!