(F/G)

1. Ag Immanuel, sien my aan,
hier waar ek van ver bly staan.
Hoe kan ek tog nader gaan
wyl my hart my dieper slaan?

Koor
Immanuel, Immanuel,
kom vat my hand, (2x)
bring my in die Vaderland.


2. Ag Immanuel, ek kom, Heer,
roep my, roep my tog maar weer,
dat ek tog kan kom, my Heer,
en u weë beter leer.

3. Ag Immanuel, stuur u Gees,
laat my hart begerig wees
na die nuwe lewe, Heer,
wat my wandel om laat keer.

4. Ag Immanuel, ek wag, Heer,
maak u Gees my Leidsman, Heer,
na u woning, tot u eer,
waar ek ewig wil verkeer.