(C/D)

1. As vrede my pad deur die wêreld verlig,
as smarte my dreig te verniel,
dan antwoord ek vry, watter lot my ook tref:
dit is wel, dit is wel met my siel!

Koor
Dit is wel ... met my siel ..., (2x)
dit is wel, dit is wel met my siel!


2. Hoe Satan ook woed en beproewings oorval,
deur alles kan ek nog vertel,
dat Jesus vergewe my sonde geheel,
deur sy bloed kan ek sê: dit is wel!

3. Voortaan is dit Christus, ja, Christus alleen,
selfs waar ek in droefheid moet kniel;
geen stryd is te swaar nie, in lewe en dood
bly my Heiland die troos van my siel.

4. Ja, Heer, dis op U, op u koms dat ek wag;
dié hoop sal my altyd besiel;
dan klink op die wolke die stem van my Heer -
o hoe salig die uur vir my siel!

Koor - na laaste versie
Is dit wel ... met jou siel ..., (2x)
is dit wel, is dit wel met jou siel?