(D)

1. Sag val daar woorde
my te binne waar ek woon:
sing en speel die eng'lekore,
waar Gods Liefling word gekroon.

Koor
Hoe verlang ek na die hemel, waar my Jesus Koning is; hoe begeer ek daardie lewe, ek sal altyd daarna streef. Jesus, my liewe Jesus,
hoe verlang ek na die kroon. Jesus, my liewe Jesus,
eendag gaan ek by U woon.

2. As ons hier verdruk word, en ons laste word te swaar, dink ek aan my Heiland, aan sy heilig, lieflik skaar.

3. As ons hier vervolg word, alles skyn om te vergaan; dink ek aan die lewe,
wat vir ewig sal bestaan.