(F)

1. Sal ons saam oor die rivier gaan, waar die engele so juig?
Waar die strome, skoon en helder, vloei uit die troon van God.

Koor
Ja, ons sal oor die rivier gaan, die heerlike, die heerlike rivier, waar miljoene oorgegaan het,
en juig voor die troon van God.

2. Daar aan die rivier se oewers, vloei die water stil en sag;
daar prys ons die Heer vir ewig, so gelukkig die hele dag.

3. Voor ons die rivier sal oorgaan, lê ons al ons laste neer;
deur genade sal ons vry wees,
en ons dra daar 'n kroon van eer.

4. Spoedig gaan ons die rivier oor, spoedig is die stryd verby; spoedig sal ons harte daar juig, waar ons rus en vrede kry.