(D)
1. Jesus roep die kindertjies, moet hul nie verhinder nie; Hy wil hul omhels en seën, en sy liefde hul verleen.
2. Here Jesus, U alleen
kan ons kindertjies so seën; dat ons in ons harte weet, U sal hulle nooit vergeet.
3. Dankie vir genade, Heer, dankie dat ons van U leer; dankie dat u Woord en Gees ons ook laat gehoorsaam wees.
4. Liewe Jesus, Kindervriend, gee genade onverdiend;
seën ons nou en hou ons rein, al is ons ook nog maar klein.